Impak waarborg wettige kwalifikasies
Sedert 2002 behaal Impak se ¬matrikulante 'n slaagsyfer van meer as 92%! Impak bied met genoeë die volgende kwalifikasie-keuses teen die einde van graad 12 aan:
- Vir dié wat universiteit toe wil gaan:
Die Nasionale Senior¬sertifikaat¬eksamen (NSS of 'staatsmatriek') - Impak is by die Eksamenraad vir Christelike Onderwys (ERCO) geregistreer om 'n wettige UMALUSI-matriekeksamen (NSS) aan te bied. - Die eksamen word jaarliks in Oktober/November by ERCO-eksamensentrums regoor Suid-Afrika en in Namibië afgeneem. (Vra Impak se "Handleiding vir die VOO 2011" aan.) - By suksesvolle voltooiing van die eksamen reik die staat, deur Umalusi, 'n amptelike sertifikaat, die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS), uit. - Indien die regte vakkombinasie geneem en universiteitsvrystelling behaal word, verleen die NSS toelating tot enige Suid-Afrikaanse universiteit. - Die NSS word, met sekere voorbehoude, internasionaal aanvaar.
- Vir dié wat direk na skool die arbeidsmark wil betree:
Beroepsgerigte kursusse met London City & Guilds- en SAQA-kwalifikasies - Leerlinge met 'n tegniese of praktiese aanleg neem die kursusse. - Die kursusse is hoofsaaklik in Engels beskikbaar. - Kursusse kan vanaf graad 10 geneem word. - Kursusse kan alleenstaande of saam met akademiese vakke geneem word. - Suksesvolle voltooiing lei tot die verkryging van sertifikate, diplomas en gevorderde diplomas.
Beskikbare kursusse (tans nog net in Engels beskikbaar): - National Certificate: Business Administration Services - National Certificate: Wholesale and Retail Operations - National Certificate: Accommodation Services - National Certificate: Farming - National Certificate: Construction - National Certificate: Hairdressing - Receptionist - IT End User Computing - National Certificate: Welding - National Certificate: Boiler Making - National Certificate: Beauty - National Certificate: Professional Secretary
|