Welkom by Impak Onderwysdiens!

 
 
 
 

Impak Onderwysdiens BK (CK2005/041089/23)

Impak Onderwysdiens bemagtig ouers deur middel van sy produk en dienste om hul eie kinders tuis te onderrig. Impak se produk kan ewe suksesvol in skole benut word. Met Impak kan leerlinge 'n Christelik gefundeerde leerplan volg en 'n internasionaal erkende tersiêre toelatingskwalifikasie bekom.


Jaarliks word die avontuurkamp en kongres gekombineer waartydens ouers lesings bywoon van sprekers soos Leendert van Oostrum, Rodney Seale, Kobus Jonker en Pieter Botha. Die kinders geniet 'n avontuurbelaaide program op die Altelekker kampeerterrein.

Daar word gereeld leierskursusse aangebied wat die vorm aanneem van 'n oorlewingskamp met 'n verskeidenheid tegnieke en vaardighede wat geleer word, asook riglyne ten opsigte van leierskap. Die leierskamp word op verkeie vlakke aangebied.

Tydens die jaarlikse winterskool kry die senior leerlinge die geleentheid om die vakouterus van aangesig tot aangesig te ontmoet en die nodige leiding en afronding te kry ten opsigte van moeilike vakke asook praktiese lesse in sekere vakke. Daar is ook geleentheid tussen die leerwerk om deel te neem aan aktiwiteite soos rotsklim, vlotvaart en abseil.

In 2007 was die top presteerders van die leierskamp uitgenooi na 'n staptoer langs die asemrowende rotsformasie, watervalle en rotspoele van die Sederberge. Die roete strek oor 100km en is in 7 dae afgelê met swaar rugsakke op beurende skouers.

Die hoogtepunt vir elke Impakker is natuurlik die jaarlikse matriekafskeid waar die kinders mekaar vir oulaas bymekaar kom en spog met die mooiste aanddrag, terwyl hulle 'n heerlike aandete geniet en tot laat kan dans. Daarna is hulle in die pylvak van hulle skoolloopbaan met die eindeksamen.

 

Web design and Hosting by Sulaco New Media built using FastSite CMS