Dienste wat Impak aanbied.
Ondersteuningsdienste word aan ingeskrewe gesinne en sentrums verskaf.
- Ouer- of fasiliteerdergidse bevat:
- werkskemas; - assesseringsbeleid en riglyne; - toetse, eksamens en memorandums; - projekopdragte en take.
- Impak se vakforums op Internet
- Leerlinge met toegang tot die Internet kan by geselekteerde vakke se forums inskakel. - Forums maak gereelde kommunikasie tussen die leerling en die vakadviseur maklik en bekostigbaar. - Die onderwyser word met behulp van forum-tegnologie in u huis of sentrum geplaas
- Vaksteundiens
- Navrae ten opsigte van vakke waar daar nie vakforums beskikbaar is nie, kan per telefoon, faks of e-pos aan Impak se vakadviseurs gerig word. - Navrae wat intensiewe en tydrowende verduideliking verg, word as 'n ekstra les beskou. - U mag met vakadviseurs onderhandel om teen 'n addisionele fooi ekstra klasse aan te bied of nasienwerk te verrig.
- Assesseringsdiens en rapporte graad 1 tot 11
- Impak stel jaarliks 'n formele eindeksamen vir graad 1 tot 11 op en sien die antwoordstelle tydens die gegewe nasienvenster na. - Hierdie eindeksamen tel 75% van die finale rapportpunt. - Ouers en sentrums stuur die jaarpunte (deurlopende assessering of Dass), wat 25% tel, op puntestate in. - Jaarpunte word verkry deur kwartaal 1, 2 en 3 se toetsuitslae en projekpunte in berekening te bring. - Kwartaal 1, 2 en 3 se toetse, met memorandums, en die projekopdragte word in die ouer- of fasiliteerdergids van elke vak voorsien. - Ouers en hulpsentrums sien self kwartaal 1, 2 en 3 se toetse na. - Impak verwerk die eindeksamen en jaarpunte en reik 'n geldige rapport vir graad 1 tot 11 uit. - Indien die jaarpunte met meer as 15% van die eindeksamen¬¬uitslag verskil, verval die jaarpunt en tel slegs die eindeksamenuitslag. - Hierdie maatreël verseker die integriteit van Impak se rapporte. - Alle eksamens vanaf graad 1 tot graad 11 word tuis, of in Impak se hulpsentrums, afgeneem.
- Psigometriese toetsing en hulp met studiemetodes en vakkeuse
- Dit is vir Impak van groot belang dat leerlinge die regte vak- en beroepskeuses sal maak! - Die dienste van gegradueerde beroepsvoorligters en geregistreerde psigometriese evalueerders word tot die Impakkers se beskikking gestel. - Die dienste word teen 'n spesiale tarief, wat net aan ingeskrewe Impak-leerlinge beskikbaar is, gelewer. - Konsultasies en toetsing sal slegs per voorafgereëlde afspraak kan geskied.
Om van enige van die dienste gebruik te maak en vir tariefinligting, skakel vir Neels Beyers by ons kantoor.
- Sosialiseringsdiens
Mnr. Neels Beyers en sy vrou, Madelein, is aangestel om Impak se Afdeling vir Sosialisering en Geestelike Ontwikkeling te bedryf. Hierdie afdeling sien om na: - avontuurkampe; - leierskampe; - matriekafskeid; - staptogte, uitstappies en familiepret; - sportdae vir winter- en somersportsoorte; - kultuuraktiwiteite; en - die inskakeling van Impak se sport- en kultuurpresteerders by erkende instansies.
Om koste en tyd te bespaar vind die avontuur- en leierskampe gelyktydig met die ouerkongres op dieselfde terrein plaas. Ons maak voorsiening vir afsonderlike Impak-kampe en Delta-kampe. Kies self by watter van die volgende kampe u kinders sal tuis voel:
- kampe met 'n Christelike, Afrikaanse en Afrikanerkultuur-strekking; - kampe met 'n Christelike, maar inklusiewe karakter; - kampe wat gerig is op die behoeftes en belange van tuisleerlinge; - kampe wat gerig is op die behoeftes en belange van sentrumleerlinge.
- Kongresse, kampe, winter- en afrondingskole
- Impak poog om gereeld streekskongresse in Gauteng, die Wes-Kaap, die Noord-Kaap en Namibië aan te bied. - Hierdie kongresse lig ouers in en lei ouers op ten opsigte van uiteenlopende aspekte van tuisonderwys. - Tydens hierdie kongresse ontmoet die kinders en vakadviseurs mekaar in lewende lywe. - Die winterskool vind gewoonlik tydens die midjaarvakansie plaas. - By die winterskool word daar op Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde, tale en praktiese komponente van die tegniese vakke gefokus. - Die kongresse vind op Impak se Waterbergplaas en by terreine in die Wes-Kaap, die Noord-Kaap en Namibië plaas. - Die winter- en afrondingskool word slegs op Impak se Waterbergplaas aangebied. - Impak-kliënte (ouers en leerlinge) wat ingeskryf is vir die standaardpakket woon Impak se kongres en kampe teen 'n baie spesiale tarief van R70 per kop per nag/dag/gedeelte daarvan by.
Hierdie tarief sluit die volgende in: - die aanbiedingskoste; - al die etes en verversings; en - verblyf (tentekamp of vaste akkommodasie) ('n Kongres van 3 dae en 2 nagte, met 5 etes kos 'n totaal van R 210 per kop; 'n winterskool van 5 nagte, 6 dae en 15 etes kos R 410 per kop!)
Uitgesluit is die volgende: - vervoerkoste; en - kostes vir materiaal, voorraad of ekstra toerusting wat dalk vir 'n praktiese of tegniese vak benodig word.
|
| Web
design and Hosting by Sulaco New Media
built using FastSite CMS || Newsletters by Email Marketing Solutions |