Leerlinge kan teen eie tyd en pas werk

 
 

Get Adobe Flash player

 
 

Leerlinge kan teen eie tyd en pas werk (daar is enkele voorbehoude)

  • Elke akademiese jaar (graad 0 tot 11) word in 4 kwartale verdeel.
  • Die kwartale kan teen eie tyd en pas deurgewerk word.
  • Die eerste voorbehoud is dat Impak se eindeksamenvraestelle vir alle grade slegs op die geskeduleerde tyd beskikbaar is.
  • Die volgende voorbehoud is dat Impak se vakadviseurs net op sekere geskeduleerde tye beskikbaar is om antwoordstelle na te sien.
  • Indien die leerling se antwoordstelle binne die geskeduleerde nasientye ingedien word, sal die nasieners dit nasien. Impak sal dan 'n wettige rapport op grond van die uitslae uitreik. Hierdie dienste is slegs beskikbaar indien die kliënt ingeskryf is vir die standaardpakket.
  • Sou die antwoordstelle buite die nasiengleuf ingedien word, moet die leerling en ouer vir die volgende nasiengleuf wag om die werk nagesien te kry, of die ouers kan memorandums van Impak af aanvra en dit self nasien.
  • Indien die ouer self nasien, sal Impak 'n rapport uitreik wat dit stel dat die uitslag die betrokke ouer se mening oor die leerling se vordering weerspieël.

    Graad 12-kandidate val egter binne 'n meer formele struktuur, waar van die kandidate verwag word om die meeste van hul werk teen die einde van kwartaal 2 te voltooi, ten einde vir die rekordeksamen en afrondingskool gereed te wees.
Web design and Hosting by Sulaco New Media built using FastSite CMS || Newsletters by Email Marketing Solutions