Gestruktureerde, asook ongestruktureerde onderrig

 
 

Get Adobe Flash player

 
 

Gestruktureerde, asook ongestruktureerde onderrig (‘un schooling’) moontlik met Impak se produkte en dienste

Impak se produk en dienste is geskik vir tuisonderwys, hulpsentrums, mikroskole en onafhanklike skole.

  • Produkte en dienste kan na gelang van 'n leerling se behoeftes vanuit verskeie opsies saamgestel word.
  • Indien u slegs in Impak se produkte (handboeke, antwoordboeke en DVD's) belangstel, en geen dienste verlang nie, en ook nie deel van die Impak-familie wil word nie, kan u by Impak 'n produkte¬pryslys aanvra.
  • Indien u in Impak se produkte, sowel as dienste belangstel, en u graag van die Impak-familie deel wil word, kies u die standaardpakket op die aansoekvorm.

    Die standaardpakket sluit die volgende in:
    BTW;
    -  agentekommissie;
    -  alle druk- en produksiekoste;
    -  handleidings, ouer /fasiliteerdergidse per vak (leerlinge in sentrums ontvang slegs die
       handleidings - ouergidse word deur die sentrums aangekoop);
    -  DVD-lesse in vakke waar sulke lesse beskikbaar is;
    -  voorgeskrewe werke;
    -  kwartaaltoetse en  memorandums, eksterne eindeksamen en nasiendiens;
    -  wettige jaareindrapport;
    -  kongres, avontuur- en leierskamp, winter- en afrondingskool teen R70 per kop per
       nag/dag/gedeelte daarvan (ouers en kinders). Die prys sluit die kursuskoste, etes en
       oornagkoste in. Vervoerkoste, addisionele vakmateriaal en toerusting is uitgesluit;
    -  juridiese beskerming deur die Pestalozzi Trust.

    Pos- en verpakkingsgeld binne Suid-Afrika is by die gekwoteerde vakprys ingesluit. Kliënte buite die grense van Suid-Afrika betaal die gekwoteerde standaard¬pakket¬prys plus enige addisionele belastings en pos /koeriergelde, behalwe in gevalle waar Impak die oorsaak van veelvuldige versendings mag wees.

    Let asseblief daarop dat vakke met praktiese of tegniese komponente as gevolg van addisionele programmatuur en ander noodsaaklike toerusting meer kan kos. Geen praktiese apparaat of addisionele programmatuur is by die pakketprys ingesluit nie (tel nagenoeg R1000 per jaar per praktiese/tegniese vak by).

Dit word sterk aanbeveel dat ouers met kinders in graad 10, 11 en 12 eerder van 'n formele struktuur gebruik maak ten einde wettige rapporte vir graad 10 en 11 te verwerf.

Selfdrukopsie (graad 0 tot 7)

  • Die pakket is slegs vir graad 0 tot 7 in 'n selfdrukformaat beskikbaar.
  • Die selfdrukformaat sluit presies dieselfde as die bogenoemde pakket in (handleidings, antwoordboeke en ouergidse), maar is slegs elektronies en nie gedruk nie. Voorgeskrewe werk word wel ingesluit.
Web design and Hosting by Sulaco New Media built using FastSite CMS || Newsletters by Email Marketing Solutions