Kongres 16-19 Feb 2012

 
 

Get Adobe Flash player

 
 

UITNODIGING NA DIE IMPAK KONGRES EN PRETKAMP
VIR GAUTENG ENNOORDELIKE PROVINSIES
16 - 19 FEBRUARIE 2012

(Reageer asb. voor of op 13 Februarie 2012 en EPOS AAN sosialisering@impakonderwys.co.za)
Elke Impak gesin is van harte welkom!

TEMA: "Tuisonderrig, u sleutel tot sukses"

Let asseblief daarop dat hierdie kongres slegs in Afrikaans aangebied word. Die Delta kongres wat slegs in Engels aangebied word, is 23 - 26 Februarie 2012.

Elke ouer en kind se fisiese teenwoordigheid is uiters belangrik!
Ouers, julle het juis dié toerusting nodig! Kom asseblief!! Die kongres word spesiaal vir u aangebied. Die kinders geniet die PRET - kamp terwyl die ouers die kongres bywoon. Dié byeenkoms sal u toerus om die uitdagings van tuisonderrig met kennis, sukses en vreugde te bowe te kom.

Vir die kind beteken die kongres net pret en nogmaals pret:
Onder die bekwame aanvoering van die Impak span, meesters op die gebied van avontuur, karakter- en leierskapsontwikkeling word ? gebalanseerde en professionele kamp vir die leerders aangebied en kan die volgende, onder andere, verwag word:

  • Babelbekkie dagprogram vir Gr. 0 tot Gr. 4
  • Pret-kamp vir graad 5 tot 12 vol pret en plesier!
  • Lekker spanwerk, kultuur en samesyn, kortom: sosialisering uit die boonste rakke!

Vir die ouers, hulpsentrum-besture en fasiliteerders behels die kongres die volgende:

  • Praktiese en bruikbare inligting om ouers toe te rus om hul kinders te leer hoe om self te leer. Aspekte wat hanteer gaan word sluit in: Gesin dinamika, ouer-kind verhoudinge, die unieke kind, tydbesteding met die kinders, sosialisering: 'n wenresep, hoe om u kind u lewenslange vriend en vertroueling te maak, hantering van kinders met leerremminge en stremminge, hantering van gedragsafwykings, vakkeuses, hantering van praktiese en tegniese vakke, die nuwe matriek, die implikasies van Impak se ooreenkoms met die Nederlandse Ope Universiteit en nog meer.
  • Deeglike opleiding in die hantering van Impak se produkte, vakke en in die onderrig van eie kinders.
  • Psigometriese, belangstellings en OBES toetse. Die toetse moet vooraf bespreek word met Neels Beyers, indien u dit nie bespreek nie, gaan u kind nie die toetse daar kan aflê nie.

Die Wat, Waar en Wanneer vrae:
Die kongres, Pret-kamp vind gelyktydig op dieselfde terrein plaas.
Wanneer: 16-19 Februarie 2012.
Registrasie:  Registrasie vind plaas vanaf 13:00 op 16 Februarie 2012. Die kongres opening vind om
   09:00 op 17 Februarie 2012 plaas.
Vertrek:  12:00 op 19 Februarie 2012.
Waar :  Kongres en pret-kamp: Impak kampterrein, ? pragtige terrein te Naboomspruit {Mokopong}, 9km
vanaf "Die Oog" vakansie oord.
Koste: Vir ingeskrewe Impakleerders beloop die kampkoste, R45.00 per persoon per nag, die
akkommodasie is gesinskamers en R30.00 per ete per persoon. {sien inskrywings vorm}

Wat kom saam? Eie eetgerei (bord, beker, mes, vurk, lepel, afdroogdoek).

  • Eie beddegoed.
  • Eie toiletware.
  • Bybel.
  • Notaboek en pen.
  • Al die probleme wat roep om oplossings.
  • Al jou talente en musiekinstrumente!
  • Kinders bring asseblief swemklere en ou klere wat vuil mag word.
  • Warm klere en nog warmer harte.
  • Wat bly by die huis? Al die negatiewe dinge wat jou medemens tot aanstoot is of jou medemens tot struikeling kan bring. Rook, drank en dwelms ten strengste verbode! Kinders wat hierdie dinge saambring sal huis toe gestuur word.

Sê voor 13 Februarie asseblief ja, toe, Pa!

Impak Kongres uitnodiging 2012 (Regs klik om dokument af te laai)

Impakgroete,

Die wenspan met woema!

Beste groete, en onthou
SY LIG SKYN STEEDS!

Web design and Hosting by Sulaco New Media built using FastSite CMS || Newsletters by Email Marketing Solutions