Impak se produktereeks
Ingeskrewe kliënte en enige instansie buite Impak kan uit die produktereeks aankoop.
- Die handleiding of handboek
Impak skep sprankellesse wat met die jongste leerplanvereistes en onderwys¬ontwikkelinge tred hou. Die lesmateriaal is - netjies gedruk en gebind of op CD (graad 0 tot 7); - kindervriendelik saamgestel; - volgens die leesvermoë van die betrokke ouderdomsgroep opgestel, sodat leerlinge lus - kry om self met die lesstof te eksperimenteer; - resepmatig geskryf; en - staan die ervare onderwyser se plek in tuisonderwys vol en dien as kragtige hulpmiddel vir onderwysers en ouers.
- Video- en DVD-lesse
- In bepaalde vakke vergesel 'n DVD die handleiding. - Vakkundiges verduidelik en demonstreer die werk in die handleidings. - Leerlinge sien en hoor die les of eksperiment.
- Antwoordboeke
- Antwoordboeke verskaf antwoorde met puntetellings vir die vrae wat in die handleiding gestel word.
|