IMPAK KONGRES NOORD KAAP - 14 Augustus 2010
Benewens Impak se vaardige span wat die kongres en besoek gaan aanbied, is dit 'n voorreg om aan te kondig dat Mnr. Leendert van Oostrum, dié kenner van tuisonderwys by elke geleentheid die gasspreker sal wees.
U en u kroos word hartlik uitgenooi om op Saterdag 14 Augustus die kongres te Marydale by te woon. Die kongres vind plaas by Impak se hulpsentrum op die plaas van Christo en Rinsie Groenewald Wees asb. om 9:00 by die koöperasie te Marydale. Christo kom almal daar oplaai na die plaas. Program neem om 9:30 'n aanvang.
Die program sien soos volg daaruit:
SAKELYS:
1. VERWELKOMING EN OPENING (Wynand Terblanche)
2. IMPAK, U BONDGENOOT IN TUISONDERWYS: DIE PAD VORENTOE. Aanbieder: Pieter Botha (Eienaar)
3. ONS WIL WEET: Aanbieder: Pieter Kilian (Algemene Bestuurder)/ Neels Beyers
a. Inskrywings 2011 b. Produk en dienste c. Assessering en portefeuljes d. Pos en verpakking e. Finansies f. Sosialisering g. Ander sake
4. DIE WENRESEP VIR TUISONDERWYS. ('n breedvoerige ontleding van tuisonderwys en die aanbied van oplossings t.o.v. hoe tuisonderwys maklik en met sukses bedryf kan word): Aanbieder: Leendert van Oostrum (Voorsitter Pestalozzi Trust).
5. AFSLUITING
- Voertaal: Afrikaans. (Vrae kan egter in Engels gestel word en sal in Engels beantwoord word.)
- Die duur van die verrigtinge: Ongeveer 5 tot 6 ure
Besoekers buite Impak en Delta is welkom!
Verversings sal te koop aangebied word.
Laat weet asb vir Wynand Terblanche dat u kom: 082 744 3200
Ons sien uit om u te ontmoet!
Impak groete
|