Ondersteuningsgroepe en hulpsentrums?

 
 

Get Adobe Flash player

 
 

Wat is ondersteuningsgroepe en hulpsentrums?

  • Dit bestaan uit vyf en meer gesinne wat in 'n spesifieke omgewing saamwerk om kundige hulp te voorsien wat verseker dat die ouers die beste belang van hulle kinders dien.
  • Vakkundiges kan by tye ingekoop word om die ouers met veral Wiskunde, Fisiese Wetenskap en tegniese vakke te help.
  • Ondersteuningsgroepe/Hulpsentrums kan in vakke soos Musiek, Kuns, ens. spesialiseer en tot groot en belangrike onderwys- en kulturele dienspole in hul gemeenskap groei.
  • 'n Dinamiese ondersteuningsgroep/hulpsentrum kan 'n belangrike bydrae lewer om aandag aan die sosialiserings¬behoefte in die tuisonderwys¬gemeenskap te gee.
  • Dit word besit, beheer en bestuur deur óf die ouers, óf instansies, óf belangegroepe, óf entrepreneurs.
  • Impak verskaf die onderwys- en opvoedings¬program en produk en verseker die hoë standaard daarvan.
  • Elke ondersteuningsgroep/hulpsentrum word aangemoedig om, binne die breë Impak-raamwerk, sy eie karakter te skep en sy onafhanklikheid ten volle uit te leef.
  • Impak se pryslys is só gestruktureer dat ouers wat hul kinders by Impak-hulpsentrums inskakel nagenoeg 21% afslag op Impak se gelyste pakketkoste ontvang.
  • Hulpsentrums ontvang 8% kommissie vir elke volbetaalde inskrywing.
  • Hulpsentrums bepaal self addisionele diensfooie vir dienste deur die sentrum gelewer om 'n inkomste vir die sentrum te genereer.

    Vir meer inligting en vereistes, klik op een van die onderstaande skakel om die brosjure af te laai.

    Hulpsentrum dokumentasie

    Aansoek om lisensieering as hulpsentrum - 2011
    Hulpsentrumbeleid - 2011

    Hulpsentrum nuusbriewe

    Hulpsentrum Nuusbrief  1 - 2011


    Die dokumente is PDF formaat en benodig Foxit PDF Viewer om oop te maak. Indien u nie Foxit PDF Viewer het nie regs klik op die onderstaande skakel klik op "Save Target As" om af te laai.

      Foxit PDF Viewer 3.0

Web design and Hosting by Sulaco New Media built using FastSite CMS || Newsletters by Email Marketing Solutions