Regsaspekte en gratis regsdienste vir Impak-kliënte
- Onderwys in Suid-Afrika word deur die SA Skolewet (84 van 1996, "SASA") en verskeie ander wette en regsbepalings beheer. Artikels 3, 4 en 51 van SASA maak voorsiening vir tuisonderwys. Alle gebruikers van Impak Onderwysdiens BK is en bly self verantwoordelik om hulle van die toepaslike wetgewing te vergewis.
- Ten einde gebruikers in hierdie verant-woordelik¬heid te ondersteun, skryf Impak alle leerlinge in vir gratis juridiese beskerming by die Pestalozzi Trust, die regsfonds vir tuisonderwys.
- Indien ingeskrewe Impakkers deur enige persoon of instansie gedreig of bedreig word omdat u besig is om u kinders tuis te leer, of omdat u van 'n sentrum se ondersteuning gebruik maak, of 'n hulpsentrum bedryf, mag u dadelik by die onderstaande adres met u regsfonds in verbinding tree:
Tel: 012 330 1337; Faks: 011 507 5997; E-pos: defensor@pestalozzi.org; Webadres: www.pestalozzi.org; Posadres: Posbus 12332, Queenswood, 0121. Vra ook die dokument aan: "Regsaspekte: Dit wat Impakkers móét weet".
|
| Web
design and Hosting by Sulaco New Media
built using FastSite CMS || Newsletters by Email Marketing Solutions |