Gebeure Argief

 
 

Get Adobe Flash player

 
 

Gebeure Argief

Kongres en Avontuurkamp 9 tot 12 April 2007
Sprekers soos onder andere mnr. Leendert van Oostrum, prof. Hennie Steyn, dr. Rodney Seale, mnr. Herman Uys en mev. Mimie van der Merwe het op 'n dinamiese en baie praktiese wyse die Tema: "In die beste belang van my kind" belig.

Hierbenewens het ouers en leerders die vakadviseurs ontmoet, is 'n werkswinkel oor Impaksake aangebied en is ouers bekendgestel aan die wonderwêreld van Interactive metronome, Aim @ Solutions en Money - Time - Balance. Kinders is vir hul aanleg en belangstellings asook hul leemtes geëvalueer en 'n kursus in studiemetodes is aangebied.

Buite het die jillende stemme van 100 leerders die genot wat die avontuurkamp gebied het, uitgekraai.

Enige ouer, sentrum of kind wat so 'n belewenis misloop, mis die hartklop van Impak Onderwysdiens! Volgende jaar beoog ons om die kongres en avontuurkamp liewer weer in Januarie aan te bied sodat dit vir meer mense moontlik sal wees om by te woon.
Kyk na die foto's

Die leierskamp van 12-17 April 2007

Dit was die beste ooit!! Van die aanvanklike 44 Leerders het 31 dapperes die leiers- en oorlewingskursus voltooi. Tydens die kamp is die kinders se veldkuns behoorlik op die proef gestel. Hulle het geleer om vaardig met toue en knope te werk en moes skuilings bou en kampmeubels soos tafels, koelkaste, driepote en veel meer aanmekaar woel vir punte. Die kursusgangers het geleer hoe om 'n boskamp in te rig en letterlik met die minimum te oorleef. Kaart- en kompaswerk moes bemeester word tydens die spoorsny-, nagmars-, en lanternbekruipsessies. Benewens die wagstaan, makkerhulpkursus en die verfbaloorlog, is in yskoue rivierwater "gebad". Hoe kouer die nagte en die water, hoe warmer het die harte geklop! Daar is hartlik saam gesing, lekker gekuier en stewige vriendskapsbande gesmee. Hierby volg 'n dankiebrief (Bylaag B) wat boekdele spreek!

Die 31 kursusgangers is elkeen met 'n praktiese prys en 'n prag sertifikaat huis toe gestuur. Mooi so, julle puik kinders, dit was 'n enorme voorreg om so 'n kamp vir julle aan te bied!
Kyk na die foto's

Matriekafskeid 17 September 2007

Sedert 2003 wat Impak sy eerste matriekafskeid aangebied het was 2007 net so onvergeetlik soos die voriges en hierdie jaar het ons dit by die Voortrekker monument gehou.
Elke jaar net voor die eindeksamen bied Impak sy jaarlikse matriekafskeid aan sodat die maats vir mekaar kan totsiens sê met wie hul bevriend geraak het tydens kongresse, avontuurkampe, leierskampe en winterskole.
En dan natuurlik, neem hulle ook afskeid van Impak. Ons wil net dankie sê vir die mooi wyse waarop julle die matriekafskeid geniet het.

Die paartjies het met almal verstom met hul pragtige aanduitrustings. Julle het almal asemrowend gelyk.

Dan 'n spesiale dankie aan Dr. Phill Malherbe en Mollie Prinsloo vir al hulle harde werk. Julle die saal het pragtig gelyk en die kos was uit die boonste rakke!

Dr. Phil Malherbe

Mollie Prinsloo

Kyk na foto's

Winterskool 2-7 Julie 2007

Soos gewoonlik vind ons jaarlikse Winterskool plaas by Pro-Act Ventures net buite Pretoria. Die Winterskool is toegespits op die Graad 11-12 leerders - daarom beskou ons dit ook as verpligtend vir al hierdie leerders. Hier sal jy as leerder jou vakouteur ontmoet en fisies klas kry by hom/haar.
Kyk na die foto's

Kaapse Kongres 23-26 Augustus 2007

Jaarliks word die Kaapse Kongres te Koringberg gehou en om die minste te sê was dit 'n reuse sukses en ouer en kind het hulle gate ui geniet. Hieronder terugvoer van die ouers.
Kyk na die foto's

__________________________________________________________________________________________

Ons besoek aan Koringberg was, soos in die verlede weer 'n besondere belewenis.

'n Groot dankie aan Bregda Theubus en hulle gesin wat so vriendelik vir ons plekmaak om in 'n rustige en so kalmerende omgewing met mekaar te deel en van mekaar te leer.
Hulle weet dat 'n vol magie, 'n gelukkige magie is, sjoe en die Weskussnoek!
die rustige terugsit en saampraat was net moontlik omdat Louis en vroutjie die minder rustige tieners onrustig besig gehou het.
Dankie Melissa - jy het ons 'creapie-crawlies' liefdevol en kreatief versorg. 'n Groot taak Leendert, jy het jou kompliment verdien toe die mammas jou groet met die versoek of hulle maar weer die 'wyse man' mag kontak.
Pieter, ek luister baie na jou, maar ek sal altyd maar weer terug kom en terug kom vir nog.
Ja, die kongres in die mooie Wes-Kaapsluit vir tannie Nannie - Klanke in. Wat 'n heerlike pakket.

Ons kom weer!

__________________________________________________________________________________________

Vroeg Vrydag oggend het ek op 'n snerpende koue Johannesburgse lughawe gestaan en wag vir my vlug na Kaapstad terwyl ek bly wonder het waar Koringberg nou eintlik is. Teen 9.30 het ek in Kaapstad geland waarna ek motorit saam met Joanie en haar man aan gepak het Koringberg toe. Ons het oppad soontoe in 'n klein dorpie genaamd Malmesbury gestop vir verversings. Orals langs die pad was blomme net waar jy kyk.

Na 'n lang ruk kom ons op Bregda en haar man se plaas aan. Hul het ons gou laat welkom voel en Bregda se stoep word eensklaps my kunsklas. Na 'n heerlike ete kom 'n groep van 18 kinders gretig aan geloop om kuns te doen. Die jongste tweetjies was maar 4 jaar oud. Ons het servet decoupage op coke "houers" gedoen, pennesakkies met lapverf geverf asook ander lapverf projekte wat 'n "overlay" vir Pieter en Elize ingesluit het gemaak. Die kinders het dit geniet om te verf en bruikbare artikels te maak. Hul het dit so geniet dat elkeen ook Saterdag oggeng nog 'n paar lappe geverf het voor ons almal moes oppak.

Ek het ook 'n geleentheid gekry om met van die ouers te kon gesels en kon gevolglik verstaan hoekom ek so fantastiese, talentvolle groep kinders gehad het waarmee ek kon werk. Die ouers se liefde, leiding en omgee kan in hul kinders gesien word.

Elkeen van die kinders wat die kongres bygewoon het is sterre. Dankie vir jul puik samewerking en vir al die geselsies so tussen die verwery deur. Hoop jul het dit net so baie soos ek geniet.

Groete tot volgende keer.

_________________________________________________________________________________________

Ek is 'n elektroniese ingenieur van beroep en my vrou onderwyseres van beroep maar wat verkies het om ons kinders groot te maak. Ons het vier groot kinders; twee mediese dokters, een tandarts en een vliënier, en een graad vyf dogter. Ons het twee jaar gelede Kaap toe verhuis van Pretoria af waar ons gewoon het vandat ons getroud is. Ons laaste kind van die vier grotes het in 2000 gematrikuleer deur 'n model C skool met hoër graad universiteitsvrystelling. Die jongste was in Pretoria in 'n privaat Christenskool en met ons aankoms in die Kaap in twee verskillende openbare skole met 'n goeie reputasie. Ons dogter het egter toenemend probleme ondervind met swak tot nie-bestaande onderrig en 'n Godlose benadering van die onderwysers, en meeste klasmaats, wat gelei het tot 'n aggressiewe gesindheid en slaap probleme. Ons het baie ongemaklik geraak met die morsige on-geordende studiemateriaal en die sterk ideologiese en on-bybelse inslag van die inhoud. Ons het stadig maar seker begin besef dat Tuis Onderrig die enigste lewensvatbare alternatief sou wees en by vriende van Impak gehoor, ingeskryf en vanaf die tweede kwartaal met tuisonderrig begin.

Ons is baie aangenaam verras oor die uitnemende aanbieding en ordelikheid van die studiemateriaal en die sterk bybelse inslag en ons dogter se hele gesindheid het teruggekeer na haar vorige sagte geaardheid en opgeruimde ingesteldheid.
Toe die nuus van die Koringberg kongres kom, het ons gevoel ons moet gaan om kontak te maak met gesinne wat ook tuis onderrig gekies het om notas te kan vergelyk en van hulle te leer, maar ons het maar opgesien teen die uittog. Met die voordeel van alles wat ons deur die bywoning wys geword het, besef ons dat dit van onskatbare waarde was en dat dit 'n groot fout sou gewees het om nie te gaan nie.

Deur die verskeie voorligtingsessies met die gepaardgaande vrae en antwoorde is ons totaal oortuig dat enige toegewyde Suid Afrikaanse Christen ouer wat graag sy God-gegewe verantwoordelikheid om sy kinders in die weë van die Here op te voed wil nakom en terselfdertyd met die beste moontlike akademiese voorbereiding en lewensvaardighede wil toerus, geen plaaslike alternatief het behalwe tuis onderrig nie. Ons verstaan nou ook dat die standaard skool/klaskamer opset en onderrigmetodes baie kunsmatig en abstrak is, met die gepaardgaande nadele dat dit vir selfs die beste onderwyser onmoontlik is om enige iets anders toe te pas as om te aanvaar dat al die kinders gelyktydig en teen dieselfde tempo ontwikkel en leer. Met die groot klasse en die starre leerplanskedule is dit ondenkbaar om kinders se individuele ontwikkelingsfases en leertempos te leer identifiseer en selfs meer ondenkbaar om die verskille te kan akkomodeer. Ons besef ook dat die uitstekende studiemateriaal en die beskikbaarheid van die persoonlike rekenaar en die internet dit nou vir ouers moontlik is om hulle kinders onder hulle eie waaksame oog 'n uitstaande opvoeding te gee en baie vroeg groot selfstandigheid te laat ontwikkel.

Ons besef ook dat on sons kind 'n baie groot onreg sal aandoen deur haar in enige geregistreerde skool te sit en te onderwerp aan die skadelike studiemateriaal en dat sy die lewe met 'n groot agterstand sal begin in vergelyking met waar sy kon gewees het met 'n tuis-onderrig opvoeding.

Kyk na die foto's

Web design and Hosting by Sulaco New Media built using FastSite CMS || Newsletters by Email Marketing Solutions