Gebeure 2010

 
 
 
 

Gebeure 2010

IMPAK KONGRES WES-KAAP - 25 September 2010

Benewens Impak se vaardige span wat die kongres en besoek gaan aanbied, is dit 'n voorreg om aan te kondig dat Mnr. Leendert van Oostrum, die kenner van tuisonderwys by elke geleentheid die gasspreker sal wees.

U en u kroos word hartlik uitgenooi om op Saterdag 25 September die kongres te Koringberg (1 uur vanaf Kaapstad) by te woon.
Die kongres vind D.V. plaas by Die Ark op die plaas van Thebus en Bregda Mostert.

As u van Kaapstad se kant kom, neem die N7 en ry ongeveer 12 km verby Moorreesburg. Neem die Koringberg afdraai na links. Die Ark is die eerste uitdraaipad na links.

Program neem om 9:00 'n aanvang en sien so daaruit:

SAKELYS:

  1. VERWELKOMING EN OPENING
  2. IMPAK, U BONDGENOOT IN TUISONDERWYS: DIE PAD VORENTOE. Aanbieder: Pieter
    Botha (Eienaar)
  3. ONS WIL WEET: Aanbieder: Pieter Botha en Neels Beyers
    a. Inskrywings 2011
    b. Produk en dienste
    c. Assessering en portefeuljes
    d. Pos en verpakking
    e. Finansies
    f. Sosialisering
    g. Ander sake
  4. DIE WENRESEP VIR TUISONDERWYS. ('n breedvoerige ontleding van tuisonderwys en die aanbied van oplossings t.o.v. hoe tuisonderwys maklik en met sukses bedryf kan word): Aanbieder: Leendert van Oostrum (Voorsitter Pestalozzi Trust).
  5. AFSLUITING
    • Voertaal: Afrikaans. (Vrae kan egter in Engels gestel word en sal in Engels beantwoord
      word.)
    • Die duur van die verrigtinge: Ongeveer 6 ure

Besoekers buite Impak en Delta is welkom! Etes en verversings sal te koop aangebied word.

Daar sal ook geleentheid wees vir psigometriese toetsing en 'n avontuurprogram sal D.V. vir die kinders aangebied word.(Neels Beyers)

Laat weet asb. vir Bregda Mostert dat u kom: bregda@patat.co.za; 022 4238153; 083 597 0091

Ons sien uit om u te ontmoet!

Impak groete.
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________

IMPAK KONGRES NOORD KAAP - 14 Augustus 2010

Benewens Impak se vaardige span wat die kongres en besoek gaan aanbied, is dit 'n voorreg om aan te kondig dat Mnr. Leendert van Oostrum, dié kenner van tuisonderwys by elke geleentheid die gasspreker sal wees.

U en u kroos word hartlik uitgenooi om op Saterdag 14 Augustus die kongres te Marydale by te woon.
Die kongres vind plaas by Impak se hulpsentrum op die plaas van Christo en Rinsie Groenewald
Wees asb. om 9:00 by die koöperasie te Marydale. Christo kom almal daar oplaai na die plaas.
Program neem om 9:30 'n aanvang.

Die program sien soos volg daaruit:

SAKELYS:

1. VERWELKOMING EN OPENING (Wynand Terblanche)

2. IMPAK, U BONDGENOOT IN TUISONDERWYS: DIE PAD VORENTOE. Aanbieder: Pieter
Botha (Eienaar)

3. ONS WIL WEET: Aanbieder: Pieter Kilian (Algemene Bestuurder)/ Neels Beyers 

a. Inskrywings 2011
b. Produk en dienste
c. Assessering en portefeuljes
d. Pos en verpakking
e. Finansies
f. Sosialisering
g. Ander sake

4. DIE WENRESEP VIR TUISONDERWYS. ('n breedvoerige ontleding van tuisonderwys en die
aanbied van oplossings t.o.v. hoe tuisonderwys maklik en met sukses bedryf kan word): Aanbieder:
Leendert van Oostrum (Voorsitter Pestalozzi Trust).

5. AFSLUITING

  • Voertaal: Afrikaans. (Vrae kan egter in Engels gestel word en sal in Engels beantwoord word.)
  • Die duur van die verrigtinge: Ongeveer 5 tot 6  ure

Besoekers buite Impak en Delta is welkom! Verversings sal te koop aangebied word.

Laat weet asb vir Wynand Terblanche dat u kom: 082 744 3200

Ons sien uit om u te ontmoet!

Impak groete

______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________

Goeie dag!
 
Ons hier by CVO Magalies wil jul almal graag nooi om deel te wees van ons Karnaval die 4 September.  Ek weet dit is lank voor die tyd, maar ons het 'n lekker kompetisie vir ons kinders waaraan hul die vakansie kan werk.
Aangeheg is al die inligiting oor ons groot herwinnings projek.  Ons kinders het groot gees gevang en ons hoop dit sal dieselfde wees by jul kinders.  Ons werk aan lekker pryse vir hulle.
 
Sal julle so vriendelik wees om asb dit onder jul leerlinge en ouers te versprei d.m.v e-pos of briewe.  Sodra die skool begin, sal ons jul weer op hoogte bring oor die vordering en wat ons Karnaval als gaan behels.
 
Skakel my gerus indien iets onduidelik is of jul net meer wil weet.

Mariette Viljoen
viljoenms@gmail.com
0834467152

Belangrike Dokumente

Die dokumente is PDF formaat en benodig Foxit PDF Viewer om oop te maak. Indien u nie Foxit PDF Viewer het nie regs klik op die onderstaande skakel klik op "Save Target As" om af te laai.

  Foxit PDF Viewer 3.0

______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________

DIS WEER IMPAK en DELTA SPORTDAG BY MORIA!

Ons gaan op 13 Maart 2010 weer atletiek hou by Moria kampterrein!  Die doel van die byeenkoms is vir blootstelling aan atletiek, u kind hoef dus nie ondervinding in die item te hê nie.  Die itemlys word aangeheg. 

Elke gesin/leerder word as volg by 'n span ingedeel:

  • Tuisskool Oos - tuisskolers oos van die N1 [blou broek & rooi t-hemp]
  • Tuisskool Wes - tuisskolers wes van die N1! [blou broek & wit t-hemp]
  • Sentrums skryf as spanne in.
  • Leerders ding steeds individueel mee, maar daar is ook 'n wenspan- en 'geesvang' wissel-trofee.  Bring dus een of twee maklik-om-te-leer liedjies saam vir jou span.

Die ingangsfooi beloop R10.00 per persoon [ouers & kinders] - dit sluit deelname aan alle items in.  Die gelde is betaalbaar by die hek die dag van die atletiek.  Vooraf registrasie is noodsaaklik vir voorbereiding [atleetkaartjies] - epos/faks aangehegte vorm na madelein.beyers@imbila.co.za .  Registrasie [aanmelding] is tussen 6:30 tot 08:00 op 13/3.  Na agt sluit alle registrasies.  Daar sal geen uitsondering gemaak word nie.

Die volgende items word aangebied - en ons benodig beamptes asb:
o/5 - o/6 60m naellope   -  benodig 5 beamptes
o/7 - o/9    80m naellope   -  benodig 5 beamptes
o/10 - o/19  100m naellope -  benodig 5 beamptes
o/11 -o/19   Gewigstoot  -  benodig 8 beamptes
o/10 - o/19   Verspring -  benodig 5 beamptes
0/5 - o/9 Landloop 1km [tekkies] -  benodig 13 beamptes
o/10 - o/19Landloop 2km [tekkies] 

Ons benodig ook 'n sameroeper vir die Tuisskool Oos en Tuisskool Wes spanne.  Indien u belangstel om as beampte te help, kontak asb vir Neels 0845065233.
  
Heerlike wegneemetes sal koop wees - Boereworsrolle [R16.00], Hot dogs [R12.00], Vetkoek & konfyt [R8.00], Vetkoek & maelvleis [R16.00], Kerrie & Rys [R16.00], Koffie & Tee [R5.00], Snoepwinkel [koeldrank, water, roomys, sjokolade, ens]

Daar is akkommodasie beskikbaar vir gesinne wat ver ry.  R105.00 p.p. vir bed en ontbyt [0-3 jaar gratis;  4-9 jr R50.00] Bring asb jul eie beddegoed saam [enkelbeddens].  Daar is 9 kamers beskikbaar.  Bespreking is noodsaaklik.

Dit gaan lekker wees om julle te sien!  Onthou die sonblok en hoede! 

Belangrike dokumente:

Die dokumente is PDF formaat en benodig Foxit PDF Viewer om oop te maak. Indien u nie Foxit PDF Viewer het nie regs klik op die onderstaande skakel klik op "Save Target As" om af te laai.

  Foxit PDF Viewer 3.0

 Madelein Beyers

______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________

UITNODIGING NA DIE IMPAK KONGRES EN AVONTUURKAMP
VIR GAUTENG
8-11 April. 2010

(Reageer asb. voor of op 27 Maart 2010)

Elke Impakker is van harte welkom!

TEMA: "Toegerus om ons kinders te leer om self te leer"

Let asseblief daarop dat hierdie kongres slegs in Afrikaans aangebied word. 'n Delta kongres wat slegs in Engels aangebied word volg later in die jaar.

Elke ouer en kind se fisiese teenwoordigheid is uiters belangrik!
Ouers, julle het juis dié toerusting nodig! Kom asseblief!! Die kongres word spesiaal vir u aangebied. Die kinders geniet die avontuur- en karakterboukamp terwyl die ouers die kongres bywoon. Dié byeenkoms sal u toerus om die uitdagings van tuisonderrig met kennis, sukses en vreugde te bowe te kom.

Vir die kind beteken die kongres, avontuur- en karakterboukamp die volgende:
Onder die bekwame aanvoering van Imbila, meesters op die gebied van avontuur, karakter- en leierskapontwikkelling word 'n gebalanseerde en professionele kamp vir die leerders aangebied en kan die volgende, onder andere, verwag word:

  • Babelbekkie dagprogram vir Gr. 0 tot Gr. 4
  • Avontuurkamp vir graad 5 tot 12 vol pret en plesier!
  • Lekker spanwerk, kultuur en samesyn, kortom: sosialisering uit die boonste rakke!

Vir die ouers, hulpsentrum-besture en fasiliteerders behels die kongres die volgende:

  • Praktiese en bruikbare inligting om ouers toe te rus om hul kinders te leer hoe om self te leer. Aspekte wat hanteer gaan word sluit in: Gesinsdinamika, ouer-kind verhoudinge, die unieke kind, tydbesteding met die kinders, sosialisering: 'n wenresep, hoe om u kind u lewenslange vriend en vertroueling te maak, hantering van kinders met leerremminge en stremminge, hantering van gedragsafwykings, vakkeuses, hantering van praktiese en tegniese vakke, die nuwe matriek, die implikasies van Impak se ooreenkoms met die Nederlandse Ope Universiteit en nog meer.
  • Deeglike opleiding in die hantering van Impak se produkte, vakke en in die onderrig van eie kinders.
  • Psigometriese en aanleg toetse

Die Wat, Waar en Wanneer vrae:
Die kongres, avontuur- en karakterboukamp vind gelyktydig op dieselfde terrein plaas.
Wanneer:  8 April 2010 tot 11 April 2010.
Aankoms:     Vanaf 16:00 op 8 April. Die kongres opening vind om 18:00 op 8 April plaas.
Vertrek:   10:00 op 11 April 2010.
Waar :  Kongres en avontuurkamp: Moria kampterrein, 'n pragtige terrein te Kameeldrift Pretoria, reg langs die Woord in Aksie terrein.


Koste: Vir ingeskrewe Impakleerders beloop die kampkoste, bed en ontbyt die volgende:

  • Babbelbekkies (Gr0 tot 4) R225 per kind. 
  • Avontuurkamp (Gr.5 tot 12) R460 per kind.
  • Kongres: Ouers betaal R315 per kop (Drie nagte)
  • Akkommodasie en ontbyt ingesluit. Middag- en aandete kan by die stalletjies op die terrein gekoop word. Boereworsrolle, kerrie en rys, pap en wors ens. kan vanaf R16 per persoon aangekoop word.

Wat kom saam? Eie eetgerei (bord, beker, mes, vurk, lepel, afdroogdoek).

  • Eie beddegoed.
  • Eie toiletware.
  • Bybel.
  • Notaboek en pen.
  • Al die probleme wat roep om oplossings.
  • Al jou talente en musiekinstrumente!
  • Kinders bring asseblief swemklere en ou klere wat vuil mag word.
  • Warm klere en nog warmer harte.
  • Wat bly by die huis? Al die negatiewe dinge wat jou medemens tot aanstoot is of jou medemens tot struikeling kan bring. Rook, drank en dwelms ten strengste verbode! Kinders wat hierdie dinge saambring sal huis toe gestuur word.

Belangrike dokumente:

Die dokumente is PDF formaat en benodig Foxit PDF Viewer om oop te maak. Indien u nie Foxit PDF Viewer het nie regs klik op die onderstaande skakel klik op "Save Target As" om af te laai.

  Foxit PDF Viewer 3.0

Sê voor 27 Maart 2010  asseblief ja, toe, Pa!

Impakgroete,

Die wenspan met woema!

Beste groete, en onthou
SY LIG SKYN STEEDS!

Web design and Hosting by Sulaco New Media built using FastSite CMS