Nuus/Old
Matriekslaagsyfer 2008 Tuisleerders spog met 'n slaagsyfer van 91% Sentrumleerders het swakker gevaar met 'n slaagsyfer van 45%
Die rede waarom matrieks verbonde aan hulpsentrums so swak gevaar het is omrede sentrums groot getalle kandidate akkommodeer wat by skole geskors is en omrede die meeste matrieks eers in hul matriek jaar by 'n sentrum inskryf. Daar was dus geen geleentheid om so 'n kandidaat vanaf graad 10 op te bou en voor te berei vir matriek nie. Die probleem is ook dat die meeste van hierdie kandidate geen moeite doen om die winterskool of afrondingkool by te woon nie. Dis asof die kinders dink die wêreld skuld hulle en daarom hoef hulle geen verantwoordelikheid te neem vir hul eie dwase aksies nie. Hierdie kandidate doen nie net hulself skade nie, maar berokken ook oneindige skade aan die beeld van Impak en Delta.
|