Sakegeleenthede

 
 

Get Adobe Flash player

 
 

Sakegeleenthede

Impak se reeks unieke produkte, dienste en infrastruktuur skep sakegeleenthede vir enige persoon of instansie wat die geleentheid wil aangryp.


Die volgende twee sakegeleenthede is tans beskikbaar:

  1. Sakegeleentheid 1: Bemarking
    -  Word 'n deeltydse of voltydse geregistreerde bemarker vir Impak en verdien kommissie
       volgens die onderstaande kommissie¬nota.
    -  Impak lei elke voornemende bemarker op om sy/haar taak met groot sukses uit te voer.
    -  Impak voorsien, binne perke, alle inligtingstukke, inskrywingsvorms, bemarkingsmateriaal,
       voorbeelde van die produk en bystand waar nodig om die bemarker te ondersteun.
    -  Kommissie word vir elke bewese leerling verdien, hetsy tuisleerling of hulpsentrumleerling,
       wat deur die bemarker self ingeskryf word.
    -  Kommissie van 8% per inskrywing (nadat BTW, Pestalozzi Trust, voorgeskrewe werk en die
       nagenoeg 21% afslag vir leerlinge wat by sentrums inskryf, afgetrek is) is betaalbaar by
       ontvangs van die volle pakketbedrag.


    Die volgende voorwaardes geld:
    Die bemarkingsopsie is slegs vir opgeleide en geregistreerde bemarkers.
    -  Kommissie kan van tyd tot tyd aangepas word.
    -  Kommissie soos uiteengesit, is per leerling per jaar bereken, en word uitbetaal sodra Impak
       die volle som van die inskrywingsgeld ontvang het (slegs indien bewys gelewer word dat die
       bemarker die leerling persoonlik gewerf het).

  2. Sakegeleentheid 2: Hulp-sentrum-skepping
    Rig 'n hulpsentrum op wat die Impak-produk en  dienste verskaf en werf 'n minimum van 5
       gesinne.
    -  Impak Onderwysdiens BK verskaf sy produk en dienste teen 'n drasties verminderde tarief
       (nagenoeg 21% afslag) wat die geleentheid aan die hulpsentrum bied om die produk en
       dienste teen 'n winsgewende, steeds kompeterende prys, aan te bied.
    -  Verdien kommissie van 8% vir elke ingeskrewe en opbetaalde sentrumleerling.
    -  Stel u eie diensfooi vas vir die dienste wat die hulpsentrum aan sy kliënte lewer.
    -  Impak voorsien die nodige opleiding en besigheidsteun aan individue en instansies wat van
       hierdie sakegeleentheid gebruik wil maak.


    Bekom die "Impak Onderwysdiens BK Hulpsentrumbeleid vir 2011" by ons hoofkantoor vir meer inligting hieroor.
Web design and Hosting by Sulaco New Media built using FastSite CMS || Newsletters by Email Marketing Solutions